Homo ergaster | |
---|---|
Die skedel KNM-ER 3733, wat in 1975 in Kenia ontdek is. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. ergaster
|
Binomiale naam | |
†Homo ergaster (Colin Groves en Vratislav Mazák, 1975)
|
Homo ergaster ("werkende man") of Homo erectus uit Afrika[1] is ’n uitgestorwe spesie van Homo wat tydens die vroeë Pleistoseen, tussen 1,8 miljoen en 1,3 miljoen jaar gelede, in Oos- en Suider-Afrika geleef het.[1]
Daar is nog onenigheid oor die klassifikasie H. ergaster, maar daar word nou algemeen aanvaar dat dit die direkte voorouer van latere hominiede soos Homo heidelbergensis, Homo sapiens en Homo neanderthalensis was, asook van die Asiatiese Homo erectus.[2]
Dit is een van die vroegste spesies van die genus Homo. Óf dit is ’n voorouer van Homo erectus óf dit deel ’n voorouer daarmee.[3] Sommige paleoantropoloë beskou dit bloot as die Afrika-weergawe van H. erectus; dit het gelei tot die term "Homo erectus sensu stricto" vir die Asiatiese H. erectus en "Homo erectus sensu lato" vir die groter spesie wat beide die Afrika-weergawe (H. ergaster) en die Asiatiese weergawe insluit.[4]
Onlangse menings is selfs dat al vier tydgenote van die vroeë Homo in Afrika – Homo habilis, Homo rudolfensis, Homo ergaster en Homo erectus – almal dieselfde spesie is, wat verkieslik Homo erectus genoem moet word en wat sowat 2 miljoen jaar gelede in Afrika ontwikkel het en deur Eurasië versprei het, tot by China en Java.[5]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)